Belangrike Inligting - Inskrywings

Trainer

Inskrywings

Baie welkom by Laerskool Kameelfontein! Hier is elke Kammie vir ons belangrik en ken ons almal op die naam. Kom, neem deel en leer saam, speel saam, lag saam en word so ‘n opregte Kammie-raad. Hier stuur ons gelukkige, gebalanseerde kinders die hoërskoolwêreld in – kinders met selfvertroue wat nie bang is om hulle man te staan en hulle ding te doen nie. 

 

Dokumente wat inskrywingsvorm moet vergesel.

  • Wettige ouers/voogde se ID dokumente (‘n Fotostaat van elk saam met die ID dokument self. Sou een van die benoemde nie betrokke is in die kind se lewe nie, moet dit met ons bespreek word.)
  • Geboortesertifikaat van kind/ers
  • Kliniekkaart
  • Oorplasingsertifikaat van vorige skool
  • Laaste rapport
  • Bewys van adres