In die liefdevolle gemeenskap van Laerskool Kameelfontein werk dinge net anders. Ons leerders is nog kaalvoet en vrylopend.Die gemeenskap getuig ook van ‘n kultuur van liefde en omgee.
By ons Kleuter Akademie wil ons dat kinders vrolike, selfversekerde kaalvoet kinders bly deur te speel en te leer.
Ons skep 'n vriendelike, veilige en gelukkige omgewing.
Waarheen gaan ’n boer as hy nie meer ‘n vrou soek nie, maar ’n skool vir sy kroos? Waarom sukkel in die stad se vuil lug en koue beton, as jy jou asem kan verloor van verwondering?
By Laerskool Kameelfontein is dinge anders. Ons kinders is kaalvoet, vry en gelukkig — die enigste ding wat hulle krap, is die gras onder hul voete.
Ons is ’n hegte gemeenskap met ’n kultuur van liefde en omgee. Elke juffrou ken elke kind op die naam. Hierdie dinamiese Afrikaanse skool, net buite die stad, bied uitstekende onderwys in ’n landelike omgewing.
Kom kuier gerus. Dis ’n fees om ’n Kammie te wees!
‘n Puik skool soos Laerskool Kameeldrift kan nie alleen tot stand gebring en onderhou word nie. Sien gerus wie die wonderlike personeel is wat met jou kind ‘n pad gaan stap.

ONS
SKOOLHOOF

DEPARTEMENTSHOOF – GRONDSLAGFASE
Gr 1

DEPARTMENTSHOOF – INTERMEDIERE EN SENIORFASE

FASEHOOF
GR. R

FASEHOOF GR. 1-3
Gr 3

GR. R

GR. R

GR. R

Onderwysassistent

Gr 1

Gr 2

Gr 2
Ons skool se aktiwiteite is net anders en lekkerder as wat jy in ‘n normale stadsskool sal kry. Deur die aktiwiteite aan te bied word jou kind die geleentheid gebied om te groei saam met ‘n kind uit die stad.
© Copyrights 2025 Laerskool Kameelfontein