Kammies HET Kultuur!

Trainer

Die Kammie Kultuur

By Laerskool Kameelfontein blom kultuur! Ons leerders presteer jaarliks puik in verskeie redenaarskompetisies, waar hulle hul stem laat hoor met selfvertroue en trots. By die Eisteddfod wys hulle hul talente in kuns, drama en musiek en keer op keer stap hulle weg met hoë lof. Ons koor is ook ’n trots, en hul pragtige sang bring gereeld glans en gees na elke geleentheid. Kultuur leef hier – en elke leerder kry ’n kans om te skitter!

Redenaars is ’n trotse tradisie by Laerskool Kameelfontein, waar ons leerders hul sê met selfvertroue en styl sê. Jaarliks neem hulle met groot sukses deel aan verskeie kompetisies soos Laat die Spoeg Spat, Oppi-tong-af, die Allegretto Redenaarskompetisie, die gewilde Noord van die Berg-kompetisie en die gesogte ATKV Redenaars. Ons eie interne redenaarskompetisie kweek ook talent van kleins af, en leerders behaal gereeld uitmuntende prestasies op al hierdie platforms. By Kameelfontein glo ons aan die krag van woorde – en ons kinders bewys keer op keer hulle het dit bemeester!

Eisteddfod organiseerder – Juf. Cathy Smit

Die Kungwini Eisteddfod is ’n hoogtepunt op ons kultuurkalender, waar kreatiwiteit en talent in verskeie kategorieë soos sang, drama, musiek en voordrag gevier word. Ons leerders neem jaarliks met groot entoesiasme deel en behaal uitstekende prestasies. Hierdie Eisteddfod bied vir elke kind ’n geleentheid om hul unieke talente te wys en selfvertroue op die verhoog te bou.

Ons Skoollied

“Reik Hoog!”

Woorde en musiek: Rudi Neitz

 

Hoog “Reik Hoog!” Kameelfontein

Vaandel van ougoud en blou.

Hoog “Reik Hoog!” Ons werk en wen.

Jy is ons lewensdeur!

 

Al staan ons soms enkel, alleen –

Saam sal ons werk en wen!

Hoop, geloof en liefdesmag,

daaruit groei ons krag!

 

In klas en kultuur,

op groen sportveld,

word groot en klein ‘n held!

 

Hoog, “Reik Hoog!”

Hy neem ons hand

God is ons sterke Heer!

 

Vader seën ons werk:

In swakheid is ons sterk!

 

Ons Kultuur Hoofte

Kultuurhoof – Juf. Cathy Smit

Junior Koor – Juf. Olga Murray en Juf. Marié Brits

  • Senior Spreekkoor – Juf. Ilse Jordaan en Juf. Marié Brits

Redenaars – Juf. Jana Da Serra