Verkorte gedragskode van leerders. 'n Volledige gedragskode is by die kantoor beskikbaar.
Verkorte gedragskode van leerders. ‘n Volledige gedragskode is by die kantoor beskikbaar.
Gesamentlike opening
Opening vind op Maandagoggende plaas.
Leerders tree voor skool aan in klasverband.
Indien daar Covid-19 inperkings is, tree leerders voor hulle registerklas aan.
Ordelikheid en ‘n gewyde atmosfeer is ‘n vereiste.
Die opening word waargeneem deur die onderwysers op ‘n roterende basis.
Gewoontevormende middels
Geen middels mag gebruik word wat ‘n bedwelmende effek mag hê en nie deur ‘n mediese praktisyn voorgeskryf is nie.
Klaswisseling
Die leerders moet in rye die klaslokale verlaat. Eerste die dogters daarna die seuns.
Die leerders tree in rye aan voor die klaslokaal.
Die onderwyser gee goedkeuring vir die leerders om in te stap.
Geen geselsery of spelery mag gedurende klaswisseling plaasvind nie.
Leerders mag nie op die stoepe of gange hardloop nie.
Leerders mag nie speelgoed saambring skool toe nie.
Pouse
Leerders sit hulle tasse netjies in rye voor die klasse neer waar hulle na pouse sal wees.
Daarna verlaat hulle die stoepe en gaan na die speelterrein.
Dogters en seuns speel apart in ouderdomsgroepe.
Geen gevaarlike speletjies mag gespeel word nie.
Leerder/s mag nie met harde balle (bv. krieketballe, gholfballe) speel nie.
Skoene mag nie op die speelterrein uitgetrek word nie, slegs in klaslokale. Indien skoene of klere op die speelterrein uitgetrek word en verlore raak, aanvaar die skool geen verantwoordelikheid daarvoor nie.
Leerders mag nie gedurende pouse in die personeelkamer kom nie.
Leerders mag nie met enige toerusting soos grassnyers, besproeiingstoerusting ens. speel of peuter nie.
Aan die einde van pouse lui die klok. Leerders beweeg dadelik klas toe sonder om te hardloop.
Leerders mag nie gedurende pouse tussen die geboue speel nie.
R, Gr.1 en Gr.2 leerders speel op hulle eie terrein. Geen ander leerders, behalwe die leiers, word daar toegelaat nie.
Afwesigheid van leerders
Geen leerder mag die skoolterrein verlaat sonder toestemming nie.
Indien ouers hulle leerder/s gedurende skoolure kom haal, moet hulle by die skool se administratiewe kantoor uitgeteken word.
Indien ouers vooraf weet hulle leerder/s gaan afwesig wees, moet hulle die skool skriftelik in kennis stel.
Mediese sertifikate kan vereis word indien ‘n leerder vir ‘n tydperk van 3 dae of meer afwesig is.
Klastyd
Lesperiodes moet optimaal benut word vir onderrig en werk deur die leerders.
Leerders mag nie in klastyd rondloop of gestuur word nie.
In dringende gevalle mag leerders die kleedkamers besoek.
Selfone
Geen selfone word in klastyd toegelaat nie. Indien ‘n leerder se selfoon gehoor of gesien kan word in klastyd, sal die foon gekonfiskeer word en die ouers moet die selfoon by die kantoor kom afhaal.
Leerder mag nie self met haar/sy ouers/voog kontak maak deur middel van hulle selfone gedurende skoolure nie, die kontak moet deur die skoolkantoor geskied.
Geboue en Terrein
Geen vandalisme word toegelaat nie.
Leerders mag nie sonder toestemming die swembadterrein betree nie.
Die terrein en geboue moet netjies gehou word. Geen rommel mag rondgegooi word nie.
Leerders mag nie in die middag tussen die geboue speel nie.
Leerders mag nie in die skoolsaal of klasse kom sonder toestemming nie.
Kleedkamers / Badkamers
Die kleedkamers moet te alle tye netjies en skoon wees.
Die dogters en seuns se kleedkamers word elke dag deurlopend skoongemaak deur ‘n vroulike skoonmaker.
Personeel op speelgronddiens moet daagliks inspeksie doen by die kleedkamers. Probleme moet onmiddellik gerapporteer word.
Leerders mag nie gedurende skoolure of na skool by of in die kleedkamers speel nie.
Toilet besoeke
Dit moet tot ‘n minimum in klastyd beperk word sodat onnodige rondlopery voorkom word.
Leerders met gesondheidsprobleme moet toegelaat word om te gaan wanneer dit nodig is.
Daar mag nie twee leerders gelyk uit die klas wees nie.
Ontoelaatbare dinge by die skool
Kougom binne of buite die klas, asook op die sportveld.
Die skool aanvaar geen verantwoordelikheid vir speelgoed wat breek of verlore raak nie.
Bakleiery word nie geduld nie en moet aan die hoof gerapporteer word.
Leerders mag nie rook nie.
Uitspattige kleredrag.
Nie-skoolpligtige leerder/s (boeties en sussies van leerders) mag nie saamkom skool toe nie.
Slagdoppies, lonte en patrone of wapens.
Reptiele, spinnekoppe of enige wilde diere.
Giftige plante of blomme.
Rolskaatse of skaatsplanke.
Geen glasbottels bv. koeldrankbottels mag op die terrein of in klaslokale gebring word nie.
Toesluitkassies
Leerders mag slegs tydens pouse, voor- en na skool, hul boeke en skryfbehoeftes uit hul toesluitkassies uithaal.
Geen leerders word by die toesluitkassies tydens klaswisseling toegelaat nie.
Gewone drag-dae
Tydens gewone drag-dae moet leerders se hare netjies vas wees.
Geen kort hempies waar die maag wys nie.
Geen rompies korter as 4 vingers bo die knie nie.
Geen kortbroeke waar die bo-been heeltemal sigbaar is nie. Die kortbroek mag slegs 4 vingers bo die knie wees.
Skoolklere
Leerders moet te alle tye die korrekte skoolklere dra (Winter of somer)
Indien leerders verkeerde skooldrag dra sal die skool ouers bel.
Die leerder wie nie die korrekte skooldrag aan het nie, sal gevra word om dit uit te trek en, indien moontlik, sal die regte klere uit die klerebank vir die leerder gegee word.
Leerders mag op die dae van hul oefeninigsperiode, Kammiesdrag dra.
Leerders moet gedurende elke fisiese oefeningsperiode (PT), Kammiesdrag dra.
Leerders mag ‘n polshorlosie dra.
Halssnoere en armbande is verbode vir seuns en meisies. Slegs een stel klein knopies of ringoorbelle mag deur meisies gedra word.
Nieteenstaande bogenoemde, kan geen aaspreeklikheid hoegenaamd aanvaar word vir die verlies van, of skade aan enige geonfiskeerde juweliersware of artikel nie, ongeag die oorsaak van sodanige verlies of skade deur die skool onder enige omstandighede.
Hare moet te alle tye vasgemaak en mooi netjies gesny wees.